Media

  • Sep 12, 2018
  • News

Huisgenoot benoem Coffee Snobs vir Kontemporere album van 2018


Die benoemdes vir die jaarlikse Huisgenoot Tempo-toekennings se benoemings is pas bekend gemaak!!!

Die publiek kan soos oudergewoonte kies wie in elke kategorie met ’n gesogte Tempo-beeldjie wegstap.

Om te stem, sms die kode van die benoemde van jou keuse, gevolg duer ’n hutsteken (#) na 35407 voor 4 Oktober 2018 om 12:00. Koste per sms beloop R1,50 en slegs 19 stemme per selfoonnommer word toegelaat.

Om aanlyn te stem, klik hier. Deur te stem staan jy ’n kans om groot pryse los te slaan, wat onder meer ’n spoggerige vakansie of twee insluit.

Die sms-kodes vir elke kategorie is ook beskikbaar in die Huisgenoot van 21 September wat vanaf 14 September op die winkelrakke beskikbaar is. Of loer gerus hieronder.

Hier is vanjaar se benoemdes in die musiek kategorieë:

Kontemporêre-album van die jaar

C1# Coffee Snobs – Lig
C2# Len Muller – Oog Van Die Storm
C3# Liezel Pieters – Sing My Hart Uit
C4# Monique Steyn – Mosaïek
C5# Refentse –  Deur My Venster
C6# Ricus Nel –  Bring Hulde aan Worsie Visser

Photo: Huisgenoot.jpg
Previous article