Media

  • Apr 17, 2019
  • News

Coffee Snobs gereed om die teater aan te pak!


Hulle geniet ’n goeie koppie koffie, maar snobs, dié is hulle nie!

Marius en Vernette Wessels vorm die duo Coffee Snobs, bekend vir hulle albums Aroma en Lig, maar vanjaar pak hulle die teater aan met hulle eerste volwaardige teaterproduksie.

Die produksie, Donkernag Pantoen: Die reis van vers na liriek, in samewerking met die skrywer Riana Scheepers, word by die Suidoosterfees in Kaapstad opgevoer.

Die duo vertel meer.


Marius en Vernette, julle vorm die musiekduo Coffee Snobs – vertel so ’n bietjie meer daarvan.

Ons het ons eerste album, Aroma, in 2015 uitgebring. Die album het baie goed gedoen met die treffers “Eie land” en “Sê my”. Dit was ’n eksperimentele album en ons het rondgespeel met verskillende genres en klanke om so ons eie identiteit te vind. Ons tweede album, Lig, het in 2017 uitgekom en is genomineer vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning. Hierdie album se verwerking is oor die algemeen meer akoesties en het nogal ’n “folk”-aanslag wat baie goed vir ons werk.

Lees die berig verder op Litnet

Photo: litnet.jpg
Next article Previous article