Media

  • May 22, 2019
  • News

Skrywer en sangpaar span kragte saam!

MOSSELBAAI NUUS - Verlede Vrydagaand het ArtSpace 'n heerlike, pas vrygestelede produksie op die planke gehad. 

Coffee Snobs se heel nuutste produksie, Donkernagpantoen, het die gehoor laat skaterlag - én 'n traan of twee van pure genot laat stort.
Riana Scheepers, die bekroonde Afrikaanse skrywer wat volksbesit is, het die konsert met haar teenwoordigheid ge-eer en het 'n kort, maar insiggewende inset gelewer oor die verskillende digvorme en hulle uniekheid.

Die slim toonsettegnieke, Marius se effektiewe bystand en klankbehandeling, tesame met die rimpelvelstem van Vernette is 'n wenner. Die meeste van ons wil dit weer hoor!

Die gehoor was in vervoering en die terugvoer was net positief. Daar was selfs gaste wat van buurdorpe af gereis het om die nuwe produksie hier te kom bywoon - en wat dit graag weer wil ondervind. 

Met die res van die land wat ook hierdie wonderlikheid wil ervaar, is die Coffee Snobs se program redelik vol.
Photo: dias.png
Previous article