Events

Woordfees - Stellenbosch

Donkernagpantoen: Die reis van vers na liriek

In Donkernagpantoen gee die sensuele musiekpaar Coffee Snobs in samewerking met die bekroonde skrywer-digter Riana Scheepers nuwe dimensies aan tradisionele versvorme soos die pantoen, villanelle, sestina, ode, ballade, parodie en lament. ’n Tranetrekker-smartlap en Kaapse moppie of twee is ook deel van die bittersoet plesier. Dié produksie wys hoe relevant ou digvorme bly en hoe diep dit steeds kan tref – veral wanneer dit gesing word.
#ToyotaUSWoordfees2020 #aanhoubeweeg
Bespreek hier: https://woordfees.co.za/listing/donkernagpantoen-die-reis-van-vers-na-liriek/

Send us an email

* Please fill all required form fields.